Tien jaar van sy lewe is gesteel. Tien lange jare waarin hy sy haat en verbittering kon voed. Nou is hy vry... Jim Carlin word vrygelaat nadat hy onskuldig tronk toe is vir 'n moord wat hy nie gepleeg het nie. Wanneer hy op Panorama - die plaas wat eens syne was, aankom, lyk sommige dinge nog dieselfde en ander nie. Jan Koloko, Jim se eertydse vriend, is nou baas van die plaas. Maar dinge is op die oog af nie so rustig soos wat dit lyk nie...