Alex Zeeman is bekend as 'n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik. Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by 'n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind. Alex het agt jaar gelede 'n verhouding gehad met Vicky. Sy het nie sy skatryk,...